STAATMAKER VRUGTEKOEK - Your Recipe Blog (2024)

STAATMAKER VRUGTEKOEK

Beslag vir 1 x 22 cm pan.

  • 750 ml gemengde koekvrugte
  • 125 ml verglansde kersies
  • 125 ml gesnipperde dadels
  • OF
  • 1 kg vrugtekoek mengsel met kersies en dadels
  • 250 ml suiker
  • 5 ml koeksoda
  • 125 ml botter
  • 300 ml water
  • 125 ml kookolie
  • 5 ml gemengde speserye
  • 10 ml kaneel
  • 3 ml neut muskaat
  • 500 ml gesifte koekmeel (280 g)
  • 5 ml sout
  • 7½ ml bakpoeier
  • 2 geklitste eiers
  • 5 ml rum geursel – of karamel – of 20 ml Rum

Kook die vrugte, kersies, dadels, suiker, koeksoda, botter, olie en water vir 25 minute oor stadige hitte.
Roer gedurig om te verhoed dat dit aanbrand. Verwyder van die hitte en laat ‘n rukkie afkoel.
Klits die eiers en voeg die geursel by. Hou eenkant.
Sif al die droë bestanddele saam.
Voeg die droë bestanddele by die vrugte en meng, gooi die eiermengsel stadig by en meng baie deeglik.
Skep die koekmengsel in ‘n gesmeerde koekvorm of kastrol wat uitgevoer met 3 lae baie goed gesmeerde bruinpapier of bakpapier en maak ‘n deksel van ‘n laag foelie om bo-oor die koekvorm vas te druk.

Nota:
Dit is noodsaaklik dat die pan deeglik met papier uitgevoer word, anders sal die vrugte brand.
Jy kan ook die resep 1.5 keer aanmaak en 3 x 18 cm koeke bak.

Bak die koek vir 1½ – 2 ure in ‘n matige oond by 160ºC. Of tot toetspen skoon uitkom, die tyd sal afhang van die grote van die koek.
Gooi die koek uit en laat afkoel, gooi proppie of twee brandewyn oor en laat staan tot heeltemal afgekoel.
Maak toe met foelie en bere, gee elke week vir die volgende 4 weke weer bietje brandewyn of sjerrie, en draai die koek om dat die bo weer onder is, dit help dat die vog mooi versprei.

Bak tenminste ‘n maand voor gebruik as jy wil hê dit moet sommer lekker klam wees. Hou die hele tyd toe in foelie en/of ‘n houer met deksel. Versier indien nodig na laaste toediening van brandewyn/sjerrie.

Resep deur Rina Kleinhans
Foto: Rina Kleinhans
2de foto: Marie Fourie

Foto 3: Angela Woods Schubach
I warmed up a mixture of apricot jam and brandy and brushed it onto the sides and top of the cake and then rolled the cake in a mixture of chopped almonds, pecans and walnuts.

Foto 4: Jacqueline Viola Smit
Ek maak die standaard beslag 2 ½ keer aan vir 5 broodjies. My pannetjies is 20 x 10 x 8 cm hoog.
Ek weeg elke pannetjie met die rou beslag, so 900 tot 910 g per pannetjie. (pannetjies is so ¾ vol)

Frikkie Jones
Ek maak die resep dubbel aan met 1.25 kg droëvrugte, 250 g elk bosbessies (Cranberry), neute en kersies. Wanneer die beslag aangemaak is deel ek die beslag in 3 x 1.35 kg pannetjies en bak dit, bedek, by 150°C vir 2½ uur.

Category:

  • Vrugtekoek - Fruit Cake

9 Reviews

  1. STAATMAKER VRUGTEKOEK - Your Recipe Blog (5)Marie de Bruyn

    Wow dit lyk wonderlik heerlik! Ek maak hierdie vrugtekoek al vir jare en dit werk elke keer…dankie ek gaan hom ook nou lank hou.

    STAATMAKER VRUGTEKOEK - Your Recipe Blog (6)

    Reply

  2. STAATMAKER VRUGTEKOEK - Your Recipe Blog (7)Michelle Peters

    Baie maklik, ek hoop dit pre so lekker soos dit ruik en lyk!

    STAATMAKER VRUGTEKOEK - Your Recipe Blog (8)

    Reply

  3. STAATMAKER VRUGTEKOEK - Your Recipe Blog (10)Belinda

    Rina ek het nou jou vrugtekoek resep gebak, maar wil net hoor hoekom bars my koek bo op doen ek dalk iewers iets verkeerd?

    Reply

    • STAATMAKER VRUGTEKOEK - Your Recipe Blog (11)Rina Kleinhans

      More Belinda
      Ek dink jou oond was te warm en dalk was jou oondrakkie nie op die regte plek in die oond nie. Dit is gewoontlik maar die twee probleme. Vrugtekoek moet BAIE STADIG gaar word, hy kan eerder langer bak as te vinnig, dit is ‘n baie digte beslag.
      Hoop dit help, mooi dag verder
      Rina

      Reply

  4. STAATMAKER VRUGTEKOEK - Your Recipe Blog (12)Marianne Myburgh

    Kan hy ook in die mikrogolf gebak word?

    Reply

    • STAATMAKER VRUGTEKOEK - Your Recipe Blog (13)Rina Kleinhans

      Hi Marianna, ongelukkig het ek dit nog nie probeer met hierdie resep nie. Ek sou eerder maar ‘n resep gebruik wat getoets is vir die mikrogolf. Hierdie koek moet stadig gebak word, so as jy die kans wil vat en dit dalk teen laer hitte in die mikrogolf wil probeer is jy welkom, maar bestanddele is so duur ek sou hom eerder in die oond bak en ‘n wenner koek kry, want hy is heerlik.
      Jammer ek kan nie meer help nie.

      Reply

  5. STAATMAKER VRUGTEKOEK - Your Recipe Blog (14)Idelette

    Kan ek pecan neute bysit? hoeveel?

    Reply

    • STAATMAKER VRUGTEKOEK - Your Recipe Blog (15)Rina Kleinhans

      Hallo Idelette, ek sny dit sommer by my vrugte in na smaak, maar ek sou se nie meer as so kwart koppie gekapte neute nie, want dit maak jou koek droog as jy te veel insit… so 60-80 ml is voldoende dit is klaar gekap.

      Lekkr bak

      Reply

Leave a Review

STAATMAKER VRUGTEKOEK - Your Recipe Blog (2024)
Top Articles
Latest Posts
Article information

Author: Nathanael Baumbach

Last Updated:

Views: 6085

Rating: 4.4 / 5 (75 voted)

Reviews: 90% of readers found this page helpful

Author information

Name: Nathanael Baumbach

Birthday: 1998-12-02

Address: Apt. 829 751 Glover View, West Orlando, IN 22436

Phone: +901025288581

Job: Internal IT Coordinator

Hobby: Gunsmithing, Motor sports, Flying, Skiing, Hooping, Lego building, Ice skating

Introduction: My name is Nathanael Baumbach, I am a fantastic, nice, victorious, brave, healthy, cute, glorious person who loves writing and wants to share my knowledge and understanding with you.